Openbaring 19:19-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Toe het ek gesien dat die monster die konings van die aarde met hulle leërs mobiliseer om oorlog te maak teen Hom wat op die perd sit en teen sy leërmag.

20. Maar die monster is gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die wondertekens ter ondersteuning van die monster gedoen het. Daarmee het hy die mense verlei wat die merkteken van die monster gedra en sy standbeeld aanbid het. Dié twee is lewendig in die vuurpoel gegooi wat met swael brand.

21. Die oorblywende mense is toe om die lewe gebring met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van Hom wat op die perd sit. Al die voëls het hulle dik gevreet aan hulle vleis.

Openbaring 19