Rut 1:4-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle het vir hulle vroue gevat uit die Mo’avitiese vroue; die naam van die een was `Orpah en die naam van die ander was Rut en hulle het omtrent tien jaar daar gebly.

5. Maglon en Kilyon het albei gesterf en die vrou is ontneem van haar twee seuns en haar man.

6. Toe het sy opgestaan om saam met haar skoondogters terug te gaan vanuit die land van Mo’av, want sy het in Mo’av gehoor dat יהוה Sy volk besoek het deur vir hulle kos te gee.

7. Sy het weggegaan uit die plek waar hulle gebly het, saam met haar twee skoondogters, om terug te gaan na die land van Y’hudah.

Rut 1