Openbaring 14:3-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. en hulle het ’n nuwe lofprysingslied voor die troon gesing, voor die vier wesens en voor die oudstes en niemand kon die lied leer nie, behalwe die een honderd vier en veertig duisend wat vanaf die aarde vrygekoop is.

4. Dit is hulle wat hulself nie met vroue besoedel het nie en maagdelik is; dit is hulle wat vashou aan die Lam, waar Hy ook al heengaan; dit is hulle wat gekoop is vanuit die mense, as eerste vrugte vir God en vir die Lam,Tz’f 3:13 want hulle is sonder fout.

5. want in hulle mond is daar geen valsheid gevind nie,

6. Ek het ’n ander engel met die Ewige Goeie Boodskap deur die hemel sien vlieg om aan alle nasies, stamme, tale en volke te verkondig; aan die wat op die aarde bly.

Openbaring 14