Openbaring 13:16-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Dit sal aan almal: klein, groot, die rykes, die armes, die vrymense en die slawe, ’n seël op hulle regterhand of op hulle voorkoppe, gee

17. sodat niemand weer kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat sy merk het: die karakter en outoriteit (naam) van die gevaarlike dier, of die getal van sy naam.

18. Hier is wysheid: wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens en sy getal is ses honderd ses en sestig (666).

Openbaring 13