Mattityahu 5:38-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

38. Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog in ruil vir ’n oog en ’n tand in ruil vir ’n tand,’

39. maar Ek sê vir julle dat julle nie moet opstaan teen ’n bose oortreder nie, maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai vir hom ook die linkerwang!

40. As iemand jou vir jou hemp wil dagvaar, laat hom die bokleed ook vat

41. en as enige een van jou een myl afdwing, loop twee myl saam met hom.

42. As iemand jou iets vra, gee dit vir hom en moenie weier as hy van jou wil leen nie.

Mattityahu 5