Mattityahu 3:15-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Yeshua het hom geantwoord en gesê: “Laat dit nóu so wees, want ons moet alles doen wat die onpartydige opregtheid vereis.” Daarna het Yoganan Hom toegelaat.

16. Nadat Yeshua gedoop is, het Hy opgekom uit die water uit en op daardie oomblik gaan die hemele vir hom oop en hy sien die Gees van God soos ’n duif afkom en op Hom kom

17. en let op, ’n Stem uit die hemel wat sê: “Let op, dit is My Seun, Wie Ek liefhet, in Wie Ek verheug is.”

Mattityahu 3