2. aan Timotheos, ’n ware seun in vertroue: onverdiende guns, omgee, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-ons-Vader en Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester!
3. Soos ek jou gevra het toe ek na Makedonia op pad was, moet jy in Efesos wag om sekere persone te beveel dat hulle nie ’n ander leer moet leer nie
4. en nie moet toegee aan fabels en aan eindelose verslae van geslagsregisters, wat net al hoe meer stryd produseer en nie opbouing in die vertroue tot God nie.