7. “Hulle moet ook ’n blou tafeldoek oor die tafel gooi waarop die offerbrood is wat aan die Here geoffer word. Saam met die offerbrood moet hulle ook die skottels, die bakke met die wierook, die offerbakke en die kanne met die wyn wat geoffer word, daarop neersit.
8. “Dan moet hulle ’n bloedrooi doek oorgooi en alles met ’n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die pale insit waarmee dit gedra word.
9. “Hulle moet die kandelaar met sy lampe, tange, bakkies en kanne met olyfolie in ’n blou doek toedraai.