Numeri 26:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Na die siekte-epidemie het die Here vir Moses en vir Eleasar, Aäron se seun, gesê:

2. “Tel nou die hele volk. Julle moet al die mans van elke stam tel wat twintig jaar en ouer is en wat geskik is vir militêre diens.”

3-4. In daardie stadium was die Israeliete se kamp in die vlakte van Moab, langs die Jordaanrivier, regoor Jerigo. Moses en Eleasar het toe die leiers beveel om so ’n opname te maak, presies soos die Here voorgeskryf het. Hier volg nou ’n lys van die Israeliete wat lank terug reeds uit Egipte weg is.

5. Ruben was die oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was dié van Ganok,

6. Gesron en Karmi.

7. Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man.

64-65. Toe hulle na die lyste kyk, was daar nie een van die mans se name daarin wat in die vorige sensus in die Sinaiwoestyn getel is nie. Hulle was reeds almal dood, soos die Here belowe het. Die enigste twee wat oorgebly het, was Jefunne se seun Kaleb en Nun se seun Josua.

Numeri 26