Matteus 22:4-7 Die Boodskap (DB)

4. Die koning laat weet die genooides toe weer: ‘Kom, die tafels is gelaai met die heerlikste kos. Alles is reg. Laat die fees begin!’

5. Die genooides het egter hulle skouers opgetrek en aangegaan asof niks gebeur het nie. Die een het gaan kyk hoe sy boerdery vorder en die ander een is werk toe.

6. Party was so ongeduldig met die helpers wat so aanhoudend kom klop het dat hulle hulle sommer hardhandig verwilder het. Glo dit as jy wil, hulle het die helpers so seergemaak dat van hulle dood is. “Dit moes hulle nie gedoen het nie.

7. Die koning was briesend! Hy stuur daarop sy soldate om die spul ongemanierde moordenaars te gaan soek en dood te maak. Sy soldate het dit gedoen en alles wat aan hierdie mense behoort het tot op die grond afgebrand.

Matteus 22