1. Darius, die Mediër, het op die ouderdom van 62 in Belsasar se plek koning geword.
2. Hy het besluit om die koninkryk in 120 provinsies te verdeel en het vir elkeen ’n goewerneur aangestel.
3. Verder het hy ook drie ministers aangestel, van wie Daniël een was. Hulle moes kyk dat die goewerneurs hulle werk reg doen en ook dat die koning se belange beskerm word.