13. Hulle het hom beloof: “Goed! Ons sal jou nie doodmaak nie. Ons sal jou net boei en aan die Filistyne uitlewer.”Die manne het hom toe met twee nuwe toue vasgebind en hom van die rots af weggevat.
14. Toe hy in Legi kom, het die Filistyne hard geskreeu en op hom afgestorm. Maar die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en die toue om sy arms was soos garingdraadjies wat brand, en sy boeie het van sy hande afgeval.
15. Toe kry Simson die vars kakebeen van 'n donkie in die hande en hy vat dit vas en slaan 'n duisend Filistyne daarmee dood.
16. Toe sê hy:“Met die kakebeen van 'n donkiehet ek 'n hopie van hulle gemaak,met die kakebeen van 'n donkiehet ek duisend man doodgeslaan.”
17. Toe hy dit gesê het, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Kakebeenshoogte genoem.