Numeri 1:1-47 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het met Moses gepraat in die tent van ontmoeting in die Sinaiwoestyn. Dit was op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weggetrek het.

2-3. Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon van twintig jaar en ouer, elkeen in Israel wat vir militêre diens geskik is en wat in leërafdelings ingedeel is.

4. Julle moet hierin bygestaan word deur persone wat hoofde is van hulle families, een uit elke stam.

5. En dit is die name van die manne wat vir julle moet bystaan:“uit die stam Ruben: Elisur seun van Sedeür;

6. uit Simeon: Selumiël seun van Suri-Saddai;

7. uit Juda: Nagson seun van Amminadab;

8. uit Issaskar: Netanel seun van Suar;

9. uit Sebulon: Eliab seun van Gelon;

10. uit die nageslag van Josef, uit Efraim: Elisama seun van Ammihud, en uit Manasse: Gamliël seun van Pedasur;

11. uit die stam Benjamin: Abidan seun van Gidoni;

12. uit Dan: Agiëser seun van Ammi-Saddai;

13. uit Aser: Pagiël seun van Okran;

14. uit Gad: Eljasaf seun van Reüel;

15. uit Naftali: Agira seun van Enan.”

16. Hulle was die manne wat uit die vergadering aangewys is, leiers van die stamme van hulle voorvaders en stamhoofde van Israel.

17. Moses en Aäron het hierdie manne wie se name genoem is, laat kom.

18. Op die eerste dag van die tweede maand het hulle toe die hele volk bymekaargeroep. Daarna het elke weerbare man sy afkoms volgens stam en familie opgegee, almal van twintig jaar en ouer.

19. Moses het hulle in die Sinaiwoestyn getel, soos die Here hom beveel het.

44-46. Dit was dan die getal van die manne wat deur Moses, Aäron en die twaalf Israelitiese stamhoofde getel is. Altesaam was die getelde Israeliete 603 550. Dit was die weerbare manne van twintig jaar en ouer, getel volgens families.

47. Die Leviete is nie as afsonderlike stam bygetel nie.

Numeri 1