Nehemia 11:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Die volk het egter al die manne geprys wat aangebied het om in Jerusalem te woon.

3. Hier volg 'n lys van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. Israel, die priesters, die Leviete, die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie grond in sy eie stad.

4. In Jerusalem het die volgende Judeërs en Benjaminiete gewoon:Judeërs:Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres;

5. Maäseja seun van Baruk, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni.

6. Die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was altesaam 468, almal dapper manne.

Nehemia 11