15. Leviete:Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni;
16. Sabbetai en Josabad was hoofde van die Leviete en belas met die toesig oor die werk buite die tempel;
17. Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun.
18. Al die Leviete in die heilige stad was 284.
19. Poortwagte:Akkub, Talmon en hulle ampsgenote wat by die poorte wag gehou het. Hulle was 172.
20. Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie stuk grond.