5. In dié dae het Jerusalem en die hele Judea en die hele omgewing van die Jordaan na hom toe gestroom.
6. Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.
7. Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?
8. Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.