Matteus 22:38-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

38. Dit is die grootste en die eerste gebod.

39. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

40. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

41. Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle:

42. “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?”“Dawid s'n,” antwoord hulle Hom.

43. Hy sê toe vir hulle: “Waarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan ‘Here’ genoem? Hy sê tog:

44. “ ‘Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’

Matteus 22