Matteus 13:56-58 Afrikaans 1983 (AFR83)

56. En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan?”

57. En hulle wou niks van Hom weet nie.Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.”

58. Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.

Matteus 13