Lukas 18:38-41 Afrikaans 1983 (AFR83)

38. Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!”

39. Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!”

40. Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom:

41. “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”

Lukas 18