7. Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting. Die res van die bul se bloed gooi hy alles uit teen die fondament van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting.
8. Hy verwyder ook al die vet van die sondeofferbul, die vet wat die binnegoed bedek, dié aan die binnegoed self,
9. die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word,
10. net soos dit verwyder word by die maaltydofferbul. Die priester verbrand die vet dan op die brandofferaltaar.
11. Die vel van die bul, al die vleis saam met die kop en pote, die binnegoed wat oor is, en die pensmis,
12. die hele bul, word dan buitekant die kamp gebring na 'n rein plek toe, die plek waar die as weggegooi word, en daar op 'n houtvuur verbrand. Dit word op die ashoop verbrand.