Levitikus 24:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. “Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word.

6. Pak dit in twee stapels van ses elk op die goue tafel voor die Here.

7. Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood.

8. Die brood moet gereeld op elke sabbat daar voor die Here vervang word. Dit is 'n verpligting wat vir altyd op die Israeliete rus.

Levitikus 24