Genesis 2:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Toe het die Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op,

22. en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou en bring haar na die mens toe.

23. Toe sê die mens:“Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek.Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word;sy is uit die man geneem.”

Genesis 2