22. Mordegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel. Ester het dit toe namens Mordegai aan die koning vertel.
23. Die saak is ondersoek en die berig is waar bevind, en die twee manne is aan 'n galg opgehang. Hierdie gebeurtenis is in die annale opgeteken in teenwoordigheid van die koning.