Daniël 6:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Darius die Mediër het die koningskap oorgeneem toe hy twee en sestig jaar oud was.

2. Hy het besluit om honderd en twintig goewerneurs-generaal aan te stel om oor sy hele koninkryk te regeer.

3. Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word.

4. Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel.

Daniël 6